Lig Gr.10

Views:
 
Category: Entertainment
     
 

Presentation Description

No description available.

Comments

Presentation Transcript

Slide 1: 

lig

Lig : 

Lig In hierdie hoofstuk Eienskappe van lig Weerkaatsing Kleur Refraksie

1. Eienskappe van lig : 

1. Eienskappe van lig Lig beweeg REGLYNIG !

Slide 4: 

Lig beweeg BAIE VINNIG - ongeveer 300,000 kilometer per sekonde. Teen hierdie spoed kan dit 8 keer rondom die wêreld gaan in een sekonde !

Slide 5: 

Lig beweeg baie vinniger as klank ! Kyk byvoorbeeld hierna…… Donderweer en weerlig ontstaan op dieselfde oomblik, maar ons sien die weerlig eerste . 2) Wanneer die afsetter die atlete afsit, sien ons eerste die rook en hoor dan die knal.

Slide 6: 

Ons sien voorwerpe omdat dit lig na ons oë terug weerkaats. Huiswerk

Slide 7: 

Liggewende en nie - liggewende voorwerpe ‘n Liggewende voorwerp produseer lig. ‘n Nie - liggewende voorwerp weerkaats lig. Liggewende vw Son, maan en sterre Gloeilamp Vuur Weerkaatsers Boom Boek Mense Pen

Slide 8: 

Skaduwees Skaduwees is plekke waar die lig “geblok” is

Opsomming: Eienskappe van lig : 

Opsomming: Eienskappe van lig Lig beweeg reglynig - daarom kan ons nie om hoeke sien nie Lig beweeg baie vinniger as klank Ons sien voorwerpe omdat dit lig na ons oë terug weerkaats Skadu’s vorm wanneer die lig deur ‘n voorwerp geblok word

2 - weerkaatsing : 

2 - weerkaatsing Weerkaatsing vanaf ‘n plat spieël Invallende straal Normaal Weerkaatste straal Invalshoek Weerkaatsingshoek Mirror

Weerkaatsing in plat spieël : 

Weerkaatsing in plat spieël Die beeld is: net so groot soos die voorwerp dieselfde afstand agter die spieël as wat die voorwerp voor die spieël is Sydelings omgekeer Virtueel Regop Ons praat van die kat Se Spieëlbeeld !

Slide 12: 

Weerkaatsingswet Invalshoek = Weerkaatsingshoek Met ander woorde, ligword vanaf ‘n plat vlak weerkaats teen ____ _____ waarmee dit die vlak tref. Dieselfde hoek

Weeskaatsing vs. Verstrooiing : 

Weeskaatsing vs. Verstrooiing Gladde, blink oppervlaktes gee duidelike weerkaatsing Growwe, dowwe oppervlaktes gee diffusie weerkaatsing. Verstrooiing vind plaas as lig in alle rigtings weerkaats word.

Slide 14: 

Wat is ’n sferiese spieël? Sferiese spieëls is spieëls waarvan die oppervlak hol(konkaaf) of bol(konveks) kan wees. Gewoonlik van glas of enige metaal met ’n glans.

Konkawe spieëls : 

Konkawe spieëls Beeld is aan dieselfde kant van die spieël as die voorwerp en kan op ’n skerm geprojekteer word omdat die ligstrale werklik kruis – ’n werklike beeld word gevorm. Beeldeienskappe is afhanklik van die posisie van die voorwerp t.o.v. die spieël. Indien die vw op of verder weg as die brandpunt geplaas is, lyk dit soos die seuntjie regs. Nader as die brandpunt draai al die eienskappe om!

Konveks spieëls : 

Konveks spieëls In ’n konveks spieël, vorm die beeld aan die agterkant van die spieël, ligstrale kruis nie werklik nie, daarom is dit ’n virtuele beeld wat nie op ’n skerm geprojekteer kan word nie. Die beeld is altyd regop en verklein.

Gebruike van spieëls : 

Gebruike van spieëls Twee voorbeelde: 1) ‘n Periskoop 2) Die hoofligte van ‘n motor

3. Kleur : 

3. Kleur Wit lig is nie een kleur nie, maar is saamgestel deur ‘n mengsel van die sewe kleure van die reënboog.

Die kleure van die reënboog nl die deurlopende- of sonspektrum : 

Die kleure van die reënboog nl die deurlopende- of sonspektrum Rooi Oranje Geel Groen Blou Indigo Violet

Breking/Refraksie : 

Breking/Refraksie Die verandering van rigting van ’n golf as dit die skeidingsvlak tussen twee media, waarin dit teen verkillende spoed beweeg, tref.

Brekingsindeks : 

Brekingsindeks spoed van lig in vakuum n = spoed van lig in medium n = c v

Snell se wet : 

Snell se wet

Dispersie : 

Dispersie Die opbreek van witlig in die sewe komponente van lig deur ’n prisma. Dit gebeur omdat die verskillende kleure van lig nie in dieselfde mate gebreek word, wanneer dit van een medium na ’n ander beweeg nie.

reënboë : 

reënboë Witlig skei in verskillende kleure (golflengtes) wanneer dit die reëndruppel binnegaan, omdat rooi lig minder gebreek word as violet lig.Wanneer dit uit die druppel uit beweeg, het die rooi lig deur ’n kleiner hoek van koers afgewyk as violet, ’n reënboog word gevorm!

Werklike en skyndiepte : 

Werklike en skyndiepte Werklike diepte is die diepte waarop die voorwerp werklik lê. Skyndiete is die diepte waarop die voorwerp waargeneem word agv ligbrekeing.

grenshoek : 

grenshoek Die invalshoek wat ’n brekingshoek van 90° lewer wanneer lig van ’n opties meer na opties minder digte medium beweeg

Totale interne weerkaatsing : 

Totale interne weerkaatsing Totale interne weerkaatsing vind plaas as: lig van ’n opties meer na opties minder digte medium beweeg en die invalshoek groter is as die grenshoek vir daardie medium

Toepassings van Totale interne weerkaatsing : 

Toepassings van Totale interne weerkaatsing Telekommunikasie Die voordele van optiese vesels bo Die koperkabels in kommunikasie: Optiese vesels is baie goedkoper. Lig, dun en neem min plek Meer optiese vesels kan saamgegroepeer word – meer seine word gedra – 2 000 i.p.v. 30 Minder steuringe lewer duideliker seine. Versterkers word slegs elke 50 – 100 km i.p.v. elke 3 – 5 km benodig. Seine word as liggolwe oorgedra en nie as elektriese seine nie, dit word dus nie deur elektriese en magnetiese velde onderbreek nie.

Toepassings van Totale interne weerkaatsing : 

Toepassings van Totale interne weerkaatsing Mediese beeldvorming Endoskopie word met ’n endoskoop gedoen en stel die dokter in staat om aan die binnekant van Die pasiënt se liggaam te sien. Wanneer die maag ondersoek word druk die dokter ’n buis wat twee optiese vesels bevat deur die mond, een voer die lig tot in die maag sodat die dokter die beeld wat deur die ander vesel terug gestuur word op die skerm van die monitor Kan waarneem. Hierdie gevorderde tegnologie word ook sleutelgat chirurgie genoem. Dit word dikwels met laser chirurgie gekombineer. Die weefsel word dan met laser Gesny, wat lei tot baie kleiner littekens en wonde wat baie vinniger genees.

Toepassings van Totale interne weerkaatsing : 

Toepassings van Totale interne weerkaatsing Ander gebruike Optiese vesels kan gebruik word vir beligtingseffekte. Optiese vesels word ook in sensors gebruik. Vesel optika waord ook gebruik om laser strale te dra. Sommige optoese vesels word vir eenvoudige ligaanwysers gebruik.

Periskoop Wie’t gesê mens kan nie om hoeke sien nie? : 

Periskoop Wie’t gesê mens kan nie om hoeke sien nie?

Periskoopbeeld vanuit Albatros : 

Periskoopbeeld vanuit Albatros

Verkykers : 

Verkykers