2010-06-27

Views:
 
     
 

Presentation Description

Matteus 5:1-12 Teksvers: Matt 5:3

Comments

Presentation Transcript

Slide 2: 

Lied 191:1 Grote God, ons bring U eer,ons aanbid U, Koning, Heer.U kom toe die lof alom -U wat was, wat is, wat kom.Voor U buig die skepping neer -U wat ewig sal regeer.

Slide 3: 

L 191:2 Om u troon bring eng'le eer:"Heilig, heilig, heilig, Heer".Hier op aarde word 'n lieddeur die eeue aangebied:Die getuies van U Naam,jubel in hul lofsang saam.

Slide 4: 

L 191:3 Vader, ewig, goed en groot, hoor ons lof uit elke oord. Seun van God in ewigheid, ons is tot u diens bereid. Heil'ge Gees, Vertrooster, Heer, ons, U kerk, wil U steeds eer.

Slide 5: 

Lied 219:2 Laat ons praat met almal om ons oor die hoop wat in ons leef.Jesus Christus het in liefdeal ons sonde ons vergeef.

Slide 6: 

Lied 219:2 (vervolg) Sing, o sing van ons Verlosser,Hy oorwin die dood en hel.Ons het deel aan sy oorwinning -oral wil ons dit vertel.

Slide 7: 

L 219:3 Laat ons sing oor Hom wat t’rugkeer aan die einde van die tyd:"Bruidegom, die bruid verwag U - altyd tot u lof bereid."Sing, o sing van ons Verlosser, Hy kom t’rug, Hy maak ons nuut -"U, die Heerser oor die wêreld,Seun van God, o hoor ons lied."

Slide 8: 

Lied 251:1 Salig dié wat arm voor God is - hulle erf Gods koninkryk;en wie treur, dié is gelukkig;só kan God sy troos laat blyk.Wie verdraagsaam is, laat Hyop sy nuwe aarde bly.

Slide 9: 

L 251:2 Dié wat honger na wat reg ishulle sal versadig word.Wie barmhartig langs die weg is,vind hulself het geen tekort.Dié wat, rein van hart, Hom dien,hulle sal die Here sien.

Slide 10: 

L 251:3 Vredemakers is gelukkig -hul is kinders van die Heer.Hul wat ly vir reg en waarheidweet: God bly nog in beheer.Wie Hom volg, deur laster heen,wees verheug - God sal jul seën.

Slide 12: 

Lied 308:1 Neem my lewe, laat dit, Heer,U gewy wees meer en meer.Laat my hart gedurig juigen van dankbaarheid getuig.

Slide 13: 

L 308:2 Neem my hande, maak hul sterkdiensbaar in u goeie werk.Neem my voete, skoei hul, Heer,met bereidheid tot u eer.

Slide 14: 

L 308:3 Neem my stem en laat my singaan U, Here, hulde bring.Laat my mond dié boodskap dra:Hul sal vind wat na U vra.

Slide 15: 

L 308:4 Neem my goud en silwer, Heerniks noem ek my eie meer.Al my kennis en verstandstel ek in u vaderhand.

Slide 16: 

OFFERGAWE: Onder die diens: Minderbevoorregtes By die deure: Emeritaatsfonds

Slide 17: 

Lied 163b:1 Soos 'n hert smag na waterstrome, smag my siel na U, o Heer.U alleen is my hartsverlangeen ek buig my voor U neer.

Slide 18: 

Lied 163 (vervolg) U alleen is my rots, my krag; op U alleen wil ek biddend wagU alleen is my hartsverlangeen ek bring U al die eer

Slide 19: 

Lied 163b:2 Heer , my Rots, net op U vertrou ek vir U leiding elke dag. U aanbid ek o Here Jesus vir U wysheid en U krag. Vredevors en Verlosser, Heer, voor U lê ek nou my lewe neer. U aanbid ek o Here Jesus en ek bring U al die eer

Slide 20: 

Lied 163b:3 Heer, my God, in U is ek rustig, deur u Gees bewaar U my. Gees van God neem beheer en lei my om myself aan U te wy. U alleen is my bron van krag; op U alleen wil ek biddend wag. U alleen is my hartsverlange en ek buig my voor U neer.

Matteus 5:1-12 : 

Matteus 5:1-12 1 Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom,2 en Hy het hulle geleer en gesê: 3 "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6 Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

Slide 22: 

7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.11 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê.12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg."

Matteus 5:3 : 

Matteus 5:3 3 "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Slide 24: 

LIED 309:1 My lewe bly aan U gewy,o Vader van genade!U rig omhoog my hart en oogbeskerm my teen die kwade.

Slide 25: 

Lied 309:2 My lewe bly aan U gewy,o Seun van God, die Vader!Ons prys u Naam en juig tesaamwaar ook u volk vergader.

Slide 26: 

Lied 309:3 My lewe bly aan U gewy,o Gees, so vol ontferming!Waar ek moet stry, waar ek moet ly -gee altyd U beskerming.

Slide 28: 

Amen, Amen, Amen