2010-06-13

Views:
 
     
 

Presentation Description

PSALM 27

Comments

Presentation Transcript

Slide 2: 

Psalm 84:1 Hoe lieflik is U wonings Heer der leërskare! Hoe begeer my siel en hunker van verlange om na Gods woning op te gaan en in U tempelpoort te staan met jubelende lofgesange. My hart en vlees, o God, roep luid Tot U wat leef, verlangend uit.

Slide 3: 

Psalm 84:2 Die mossie vind ‘n huis, o Heer Die swaeltjies lê in nessies neer En ek vind rus by U altare Waar U vir my ‘n woning maak En U my Koning my bewaak. Gedugte Heer der leërskare, Welsalig wie in U paleis U altyd deur mag loof en prys!

Slide 4: 

Lied 513:1 Soek in God jou sterkte; kry by Hom jou krag;met sy wapenrusting klee Hy ons met mag.Nie teen medemense is ons worstelstryd,maar ons veg teen Satan en sy sluwe listigheid.

Slide 5: 

Lied 513:1(vervolg) Hy stuur bose magtein die wêreld in,maar met God se wapenskan ons hul oorwin

Slide 6: 

Lied 513:2 Waarheid en Gods vryspraak hou ons op ons pos,dan klink bly die boodskap dat die Heer verlos.Ons geloofsvertroue is ‘n skild wat keer -daarmee kan ons elke brandpyl van die Bose weer.Ons bly van verlossing altyddeur bewusen met God se swaard, sy woorde, toegerus.

Slide 7: 

Lied 513:3 Doen dit alles biddend, soos die Gees ons lei.Laat ons altyd waaksaam en gelowig bly!Almal wat bly volhou, saam bly bid en werkdeel in die geheim van God se koninkryk en kerk.Hy maak ons vrymoedig, swakkes gee Hy krag -met sy wapenrusting klee Hy ons met mag!

Slide 8: 

Lied 509:1 Op berge en in dale en oral is my God; waar ons ook telkemalemag swerwe, daar is God!Waar ons gedagtes sweweof styg, ook daar is God;omlaag en hoog verheweja, oral is my God!

Slide 9: 

Lied 509:2 Sy troue vaderoë sien alles van naby;ons leef uit sy vermoë -word deur sy Gees gelei.Die swaeltjies behoed Hy,beklee met gras die dal;die kleinste wurmpie voed Hy,sorg vir die groot heelal.

Slide 10: 

Lied 530:1 Praat ek mense-, eng'letale, maar dis nie uit liefde nie, is my woorde hol simbole - klanke sonder melodie.

Slide 11: 

Lied 530:1(vervolg) Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit, of al het ek al die kennis - sonder liefde is ek niks.

Slide 12: 

L 530:2 Sonder liefde sal my gawes, al my ywer, my nie baat: Net die liefde, onbaatsugtig, bly oorwin met goed die kwaad. Onreg kan dit nie verdra nie, dit is met die waarheid bly. Deur vergifnis, hoop, verwagting, kom die beste in ons vry.

Slide 13: 

L 530:3 Al die tale, profesieë, met die tyd gaan dit verby. Net die liefde, die volmaakte, kom en sal vir altyd bly. Want geloof gee troos en rigting; na die toekoms reik die hoop - liefde is en bly die grootste: Liefde sluit die lewe oop.

Slide 14: 

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde; en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; wat op die derde dag opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Slide 15: 

Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam en ’n ewige lewe.

Slide 16: 

Lied 528:1 Leer my u wil, Heer, U doel met my - U, Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak my volgens u wil; op U vertrou ek, nederig stil.

Slide 17: 

L 528:2 Leer my u wil, Heer, u plan vir my; laat ek nie doelloos, nutteloos bly. Hou my erkentlik, Heer, in u werk: As ek dan swak is, maak U my sterk.

Slide 18: 

L 528:3 U gee u gawes net soos U wil; almal is diensbaar, elk met verskil. Vul met u Gees my, breekbare kruik, dat U my oral nuttig gebruik.

Psalm 27 : 

Psalm 27 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. 3 Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. 4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. 5 Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan;

Slide 20: 

6 ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my. 7 Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. 8 Ek onthou wat U gesê het: "Julle moet My kom dien!" Ek is hier om U te dien, Here. 9 Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red. 10 Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem. 11 Leer my u wil, Here, en lei my op 'n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie..

Slide 21: 

12 Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie, want daar staan vals getuies teenoor my en hulle blaas geweld teen my aan. 13 As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...! 14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

Slide 22: 

Lied 488:1 Helder skyn U lig vir die nasies,'n vreugdeglans om die mense te verligtot die hele wêreld kan sienU is die lig.Mag u lig, Heer, deur ons skyn.

Slide 23: 

L 488:2 Vrolik klink ons lied vir die volke,'n pryslied bringal die nasies om ons saamtot die hele wêreld kan jubel oor u NaamMag u lof, Heer, deur ons klink.

Slide 24: 

L 488:3 Balsem bring herstel vir die wonde,'n sagte salf vir die mense met hul seertot die hele die wêreld kan siendat U genees.Mag U troos, Heer, deur ons bied.

Slide 25: 

L 488:4 Heer, u Woord gee hoop aan die nasies;'n hartvol hoop om die volke te verblytot die hele wêreld kan glo dat U bevry.Mag U hoop, Heer, deur ons gee.

Slide 26: 

L 488:5 U is Koning, Heer, oor die aarde.Die mense vra na u wil om U te eerTot die hele wêreld kan juig dat U regeerLaat u ryk, Heer, in óns kom!Laat u ryk, Heer, deur óns kom!Laat u ryk, Heer, oral kom!

Slide 27: 

OFFERGAWE

Slide 28: 

Lied 519:1 Wees stil en weet: Ek is die Heer.Ek spreek en winden golwe bedaar,Ek sal ook jou getrou bewaar.

Slide 29: 

L 519:2 Wees stil en weet: Ek is die Heer.Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Slide 30: 

L 519:3 Wees stil en weet: Ek is die Heer.Kom bring na My jou kommer en vrees.Ek sal vir jou ‘n toevlug wees.

Slide 31: 

L 519:4 Wees stil en weet: Ek is die Heer.Bly waak en bid; volhard in geloof.Ek is by jou soos Ek beloof.

Slide 33: 

Amen, Amen, Amen