20100530

Views:
 
     
 

Presentation Description

No description available.

Comments

Presentation Transcript

Lied 197 : 

Lied 197 1. Wonderbare Koning,Heerser oor u skepping,ons bring U ons lofgesange.Deur u goedheid, Vader,kan ons tot U nader -U's ons diepste hartsverlange.Laat die lied wat ons bied,opstyg na u woning,wonderbare Koning!

Lied 197 : 

Lied 197 2. Loof Hom, hemelboë!Loof Hom, berge en dale!Daar's geen einde aan sy werke.Loof, my siel, die Here!Bring Hom dank en ere!Hy is die onmeetlik' sterke.Hef omhoog hart en oog!Wie kan ooit op aarde,Heer, U prys na waarde?

Lied 265 : 

Lied 265 1. Enigste Here, enkele Wese,ons glo in U met ons hele hart.Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons:U is vir ewig God en Heer.

Lied 265 : 

Lied 265 2. U, onbegryplik, U is onsienlik,altyd dieselfde, oneindig groot.U is almagtig, wys en regverdig,U is die bron van alle goed.

Lied 168 : 

Lied 168 3. U is die Alfa, en die Omega.U kom en elkeen sal U kan sien.U is die Eerste. U is die Laaste.Die ganse skepping sal U dien.

Lied 190 : 

Lied 190 1. Grote God, aan U die eer!Heerlik is waar U regeer;hemels is u majesteit;heilig u geregtigheid. U wat alles onderhou,U is ewig en getrou.

Lied 190 : 

Lied 190 2. In genade, groot en ryk,bou U, Heer, u koninkryk.Voordat ek kon kies, kon vra,het u Seun my vloek gedra.Ek kon vind: U't my gekryvoor ek nog my skuld bely.

Lied 190 : 

Lied 190 3. U, oor alles God en Hoof,open oë van geloofdat ons sien, geen goed of kwaadword aan toeval oorgelaat:Bokant ons begrip, verstand,hou U al wat is in stand.

Psalm 133 : 

Psalm 133 Hoe goed is ditas broers in vrede saamwoon -soos salwingsolie van Aäron afstroom,oor hoof en baard tot by sy soom.Dit is soos dou,die dou van Hermonsberg,wat daal op Sion, soos 'n sagte reënwaar broers só leef, gee God sy seën.

Lied 306 : 

Lied 306 1. U, Christus, is my lewe,die sterwe wins vir my.In lewe en in sterweis ek aan U gewy.

Lied 306 : 

Lied 306 2. As ek nog hier moet lewe,beteken dit vir mydat ek vir die gemeentenog langer diensbaar bly.

Lied 306 : 

Lied 306 5. U is my hoogste vreugde,aan U is ek gewy;in lewe en in sterwesal U steeds by my bly.

Skrifberyming 33 : 

Skrifberyming 33 1.  Wat 'n liefde en volheidslewe,waar ons bly ons in beroem,het die Vader ons gegewedat Hy ons sy kinders noem!Maar die wêreld weet van diéwat uit God gebore is, nie,het die kennis van die Heer nieas hul hoogste goed begeer nie.

Skrifberyming 33 : 

Skrifberyming 33 2.  Wat die Heer nog meer vervul het,bly verborge; tot die stondal die wonders ons onthul hetvan die eewge vree-verbond.Ja, wanneer die Here kom,dan word ons gelyk aan Hom,want ons sal in klare omlyningHom aanskou in sy verskyning.

Skrifberyming 33 : 

Skrifberyming 33 3.  Wie die Midd'laar se verskyninginwag uit die heiligdom,soek van harte die verreiningwat daar uit sy sterwe kom.Teen die sonde duur die stryd:"Sonde is ongeregtigheid!Maar ons lewe uit God gebore,is tot heilig-wees verkore!

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie. As die woord wat deur engele gepraat is, bindend was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regmatig gestraf is, hoe sal ons dan ontkom as ons so ’n groot saligheid verontagsaam het? Hierdie saligheid is immers deur die Here verkondig, deur wie dit sy oorsprong het, en is aan ons bevestig deur dié wat dit gehoor het.

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil. Dit is nie aan engele dat Hy die toekomstige wêreld, waarvan ons praat, onderwerp het nie. Inteendeel, iemand het êrens getuig en gesê: “Wat is ’n mens dat U aan hom dink, ’n mensekind dat U na hom omsien?

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 U het hom ’n kort tydjie minder as die engele gemaak; U het hom met heerlikheid en eer gekroon; U het alles aan hom onderwerp.” By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ’n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heelikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring. Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader.

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie. Hy sê tog: “Ek sal u Naam aan my broers bekend maak, in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing.” Ook sê Hy: “Ek sal altyd op Hom vertrou.” En verder: “Hier is Ek met die kinders wat God My gegee het.”

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.

Hebreërs 2:1 – 18 : 

Hebreërs 2:1 – 18 Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham. Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Hebreërs 2:13b : 

Hebreërs 2:13b “Hier is Ek met die kinders wat God My gegee het.”

Lied 219 : 

Lied 219 1. Laat ons sing van ons Verlosser,Hy wat wys hoe liefde lyk.Deur sy kruisdood het die Hereself sy hand na ons gereik.Sing, o sing van ons Verlosser,aan die kruis het Hy gely.Deur sy dood bring Hy versoening,van ons skuld maak Hy ons vry.

Lied 219 : 

Lied 219 2. Laat ons praat met almal om ons oor die hoop wat in ons leef.Jesus Christus het in liefdeal ons sonde ons vergeef.Sing, o sing van ons Verlosser,Hy oorwin die dood en hel.Ons het deel aan sy oorwinning -oral wil ons dit vertel.

Lied 219 : 

Lied 219 3. Laat ons sing oor Hom wat t’rugkeer aan die einde van die tyd:"Bruidegom, die bruid verwag U - altyd tot u lof bereid."Sing, o sing van ons Verlosser, Hy kom t’rug, Hy maak ons nuut -"U, die Heerser oor die wêreld,Seun van God, o hoor ons lied."