2010-05-09

Views:
 
     
 

Presentation Description

Psalm 96

Comments

Presentation Transcript

Slide 2: 

Psalm 105:1 Loof, loof die Heer van alle here!Verhoog Sy Naam en gee Hom ere,en bring sover daar volke is,Sy dade in gedagtenis;en spreek met aandag en ontsagvan al Sy wonders, dag aan dag.

Slide 3: 

Ps 105:2 Laat almal juig met blye galme;sing voor die Heer jul vreugdepsalme;beroem jul in Sy heil'ge Naam,Laat almal wat Hom soek, nou saamhul hart verenig tot Sy eeren hul verlustig in die Heer.

Slide 4: 

Psalm 66:1 Juig, aarde, juig met blye galme,laat jubels opstyg uit die stof!Sing tot Gods eer jul dankb're psalme,en maak Hom heerlik in jul lof.

Slide 5: 

Ps 66:1 (vervolg) Sy grootheid ken geen maat of perke,geen grens is daar vir Sy gesag;die vyand sien met skrik Sy werkeen buig hom kruipend voor Sy mag.

Slide 6: 

Ps 66:2 Die aardryk met sy verste landemoet biddend voor die Here buig;die volke van die verste strandemoet met hul lofstem voor Hom juig.Kom en aanskou Gods wonderdade,wat is Sy werking hoog gedug.Smeek Hom, o volke, om genade,want niemand kan Sy hand ontvlug.

Slide 7: 

Ps 66:7 Kom luister toe, o Godgesinde!Kom, almal wat die Here vrees!Ek sal vertel aan al sy vrindewat Hy gedoen het aan my gees.Ek het geroep, God het geluistertoe alles nag was om my heen;en voor die lig skyn deur die duister,was God my lof, net Hy alleen.

Slide 8: 

Lied 191:1 Grote God, ons bring U eer,ons aanbid U, Koning, Heer.U kom toe die lof alom -U wat was, wat is, wat kom.Voor U buig die skepping neer -U wat ewig sal regeer.

Slide 9: 

L 191:2 Om u troon bring eng'le eer:"Heilig, heilig, heilig, Heer".Hier op aarde word 'n lieddeur die eeue aangebied:Die getuies van u Naam,jubel in hul lofsang saam.

Slide 10: 

L 191:3 Vader, ewig, goed en groot,hoor ons lof uit elke oord.Seun van God in ewigheid,ons is tot U diens bereid.Heil'ge Gees, Vertrooster, Heer,ons, U kerk, wil U steeds eer.

Slide 11: 

Lied 197:1 Wonderbare Koning, Heerser oor U skepping,ons bring U ons lofgesange.Deur U goedheid, Vader, kan ons tot U nader -U's ons diepste hartsverlange.Laat die lied - wat ons bied, opstyg na U woning,wonderbare Koning!

Slide 12: 

L 197:2 Loof Hom, hemelboë! Loof Hom, berge en dale!Daar's geen einde aan sy werke.Loof, my siel, die Here! Bring Hom dank en ere!Hy is die onmeetlik' sterke.Hef omhoog hart en oog!Wie kan ooit op aarde,Heer, U prys na waarde?

Slide 14: 

OFFERGAWE: Tydens diens: Minderbevoorregtes By die deure: Emeritaatsfonds

PSALM 96 : 

PSALM 96 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! 2Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! 3Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 4Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!

Slide 17: 

9Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. 10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.” 11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.

Slide 19: 

Lied 485:1 O Heer, u laaste woorde digby Jerusalem,kom deur die loop van eeue soos met u eie stem:"Aan My, wat dood oorwin het,is alle mag gegee;die heil wat Ek gebring hetgaan deel dit verder mee!"

Slide 20: 

L 485:2 O Heer, u laaste woorde as eerste sendeling,het oor die hele wêreld bevrydend uitgekring:"Gaan oral en verkondig,deur lewe, woord en doop,vergifnis van die sonde,verlossing uit die dood."

Slide 21: 

L 485:3 Maak deur u laaste opdragwat soveel vreugde bring,ons arbeid tot 'n seën;laat liefde ons ook dring.Bring mense tot bekering, wil u gemeente bou.En laat ons, Heer, U leringvan harte onderhou.

Slide 22: 

Amen, Amen, Amen