2010-04-25

Views:
 
     
 

Presentation Description

Eksodus 3:1-12 Jakobus 3:1-12

Comments

Presentation Transcript

Slide 2: 

Lied 169:1 Heilig, heilig, heilig, Heer God AlmagtigGroot is U troon, U is steeds met lig omring!Heilig, heilig, heilig, liefderyk, genadigu troon is steeds met lig en lof omring!

Slide 3: 

L 169:2 Heilig, heilig, heilig,Heerser vir ewig;groot is u NaamU die Vader, Seun en Gees.Grote God, ons eer U,met u hele skepping.U wat in liefde God regverdig is.

Slide 4: 

L 169:3 Heilig, heilig, heilig,Heer, so weldadig,groot is u guns,want U buig U tot ons neer!Heilig, heilig, heilig,magtig en genadig.U wás en ís en sál vir ewig wees.

Slide 6: 

Psalm 33:1 Sing juigend, sing 'n nuwe loflied.Besing opnuut die Heer se Naam;bring nou 'n lofgesang met eerbiedsoos dit gehoorsames betaam.

Slide 7: 

PS 33:1 (vervolg) Net deur sy gedagte is die Heer by magteom te laat geskied. Wat Hy doen, duur ewig. Vas staan dit en stewig soos Hy dit gebied.

Slide 8: 

PS 33:7 Die Here gee ons sy beskerming,Hy sal sy oog op ons bly hou;ons stel ons hoop op sy ontferming;ons sal op Hom, ons hulp, vertrou.God se Naam is heilig,by Hom is ons veilig;Hy sal altyd red. In ons vreugde lag ons,op sy goedheid wag ons, hoopvol in gebed.

Slide 9: 

Psalm 105:1 Loof, loof die Heer van alle here!Verhoog sy Naam en gee Hom ere,en bring sover daar volke is,sy dade in gedagtenis;en spreek met aandag en ontsagvan al sy wonders, dag aan dag.

Slide 10: 

Ps 105:2 Laat almal juig met blye galme;sing voor die Heer jul vreugdepsalme;beroem jul in sy heil'ge Naam,Laat almal wat Hom soek, nou saamhul hart verenig tot sy eeren hul verlustig in die Heer.

Slide 11: 

Lied 450:1 Vader, Seun, Heil'ge Gees, hoe sal ons u heerlikheidkan verwoord, u lof besing met ‘n aardse stem?Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer.Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid

Slide 12: 

Lied 450:2 Woord uit Woord, Lig uit Lig,kom as mens op aarde.Bo begrip, bo ons verstandis u grootheid, Heer. Eer die Vader, eer die Seun,eer die Gees as God en Heer. Eer ons God as Majesteit; Loof Hom tot in ewigheid.

Johannes 15:9-17 : 

Johannes 15:9-17 9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.

Slide 14: 

15Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

Slide 15: 

Lied 245:1 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het,sing dankbaar my verlossingslied.U weet hoe ek na U verlang hetU het u guns my aangebied.

Slide 16: 

L 245:1 vervolg Ek loof en prys U deurentyd,ek loof en prys U deurentyden roem u groot barmhartigheid,en roem u groot barmhartigheid.

Slide 17: 

L 245:2 Ek was verlore in my sondeen van die goeie weg vervreem.Tog doen die Heer aan my die wonderom my as kind terug te neem.

Slide 18: 

L 245:2 vervolg Ek loof en prys U deurentyd,ek loof en prys U deurentyden roem u groot barmhartigheid,en roem u groot barmhartigheid.

Slide 19: 

L 245:3 O God wat ryk is aan ontferming,weerhou genade nooit van my,maar hou my steeds in u beskermingby U sal ek vir altyd bly!

Slide 20: 

L 245:3 vervolg Ek loof en prys U deurentyd,ek loof en prys U deurentyden roem u groot barmhartigheid,en roem u groot barmhartigheid.

Slide 21: 

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde; en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;  wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en wat al die angste van die hel tot in die dood toe ondergaan het; wat op die derde dag opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Slide 22: 

Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes;  die opstanding van die liggaam  en ’n ewige lewe. Amen

Offergawe onder die diens: Minderbevoorregtes By die deure: Ekumenisiteitesfonds.

EKSODUS 3:1-12 : 

EKSODUS 3:1-12 Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, ’n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het. 2Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in ’n vlam binne-in ’n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie. 3En Moses sê vir homself: “Ek wil tog ’n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?” 4Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: “Moses! Moses!”

Slide 25: 

En hy antwoord: “Hier is ek.”5Die Here sê toe vir hom: “Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.” 6Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.7Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem.

Slide 26: 

8Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ’n goeie en uitgestrekte land, ’n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. 9Die noodkrete van die Israeliete het My bereik, en Ek het ook aanskou hoe Egipte hulle verdruk. 10Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry.” 11Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?”

Slide 27: 

12God het Moses geantwoord: “Ek sal by jou wees en die bewys dat Ek jou gestuur het, sal dít wees: wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.”

JAKOBUS 3:1-12 : 

JAKOBUS 3:1-12 My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. 2Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. 3Vir perde sit ons ’n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. 4Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met ’n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. 5So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag.

Slide 29: 

’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. 6Die tong is ook ’n vuur, ’n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. 7Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, 8maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n rustelose kwaad, vol dodelike gif. 9Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is.

Slide 30: 

10Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 11’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 12’n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ’n druiwestok vye nie. ’n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

Slide 32: 

Lied 231:1 Heilig, heilig, heilig, Here,U is heilig sonder perk;ons kom sing u Naam ter ere -bid dat U in ons sal werk.

Slide 33: 

L 231:1 vervolg Ons onheiligheid, o Heer,dwing ons op ons knieë neer.Ons kom pleit om u genade:Heer, verlos ons van die kwade.

Slide 34: 

L 231:2 Wat geskep is deur u hande -dit was heilig, rein en goed;maar die sonde bring die skande,bring die seer in ons gemoed.Ons verstand is swak en klein,ook ons strewe is onrein.Ons is, Heer, in skuld gebore -sonder U is ons verlore.

Slide 35: 

L 231:3 Heil'ge God, herskep ons lewe,en laat groei die goeie saad;maak ons heilig in ons strewe,in gedagte, woord en daad;Ons wil U ons danklied bring,en u lof, o Jesus, sing.Laat u Gees ons lei, o Here,om te lewe, U ter ere.

Slide 36: 

L 231:4 O dat alle mensetale,alle eng'lesang, o Heer,saamruis deur die hemelsalein gejubel tot u eer.Eenmaal staan ons voor u troonwaar ons eer aan U betoon -sing ons met die eng'le: EreHeilig, heilig, heilig, Here!

Slide 38: 

AMEN AMEN AMEN