2010-03-21

Views:
 
     
 

Presentation Description

2 Konings 2

Comments

Presentation Transcript

Slide 2: 

Lied 157:1 Here Jesus, ons is saam,op u roepstem hier vergader;saam verenig in u Naamkan ons tot die Vader nader.Hoor die dank- en smeekgebede,Heer, van u gemeentelede.

Slide 3: 

L 157:2 Maak ons harte deur u Geesvir die heil'ge woord ontvanklik.Laat ons daagliks onbevreesop u heil bou, diep afhanklik.Heer, laat ons geloofsvertroueeenmaal oorgaan in aanskoue.

Slide 4: 

Psalm 33:1 Sing vrolik, hef die stem na bowe;regverdiges, verhef die Heer! Dit pas opregtes God te lowe en uit te jubel tot sy eer.Laat die psalmgesange - stem van sterk verlangeom die Heer te dank -by die smeltend-skone harp- en sitertone,liefde en lof verklank!

Slide 5: 

Ps 33 : 2 Sing nuwe sange, nuutgeboreuit aandrif van die skoonste kuns;trompetgeklank deur tempelkoremoet danksê vir Gods nuwe guns.Wat ons toegeseg is / in Gods Woord wat reg is,het ons hart verbly;en Gods almagsmerke / sien ons op sy werke -waar en reg soos Hy.

Slide 6: 

Ps 33 : 5 Die Heer se woord is skeppingsmagtigwat lewe uit die dood gebied.Hy spreek - dit staan daar lewenskragtig,Hy roep net en dit het geskied.Nasies en tiranne / smee verniet hul plannein die vlam van haat.Hy wat groot van mag is, / weet wat daar bedag isen verbreek hul raad.

Slide 7: 

Lied 475:1 Allerhoogste Hemelvader,lofgesange prys u Naam.In ons kerke, in ons huiseloof ons, dank ons U tesaam.Hoor die loflied, vreugde-sange,neem dit aan in Jesus Naam.

Slide 8: 

L 475:2 Werk in u gemeente, HereVader, Seun en Heil'ge Geesreinig ons deur u genade,laat ons offers heilig wees;U is heilig, maak óns heiligdeur die werking van u Gees.

Slide 9: 

Lied 407:1 Triomf, triomf, Immanuel!Die Heer oorwin die dood en helná bitter stryd en lyding.Hy, God-met-ons, Hy het oorwin,lei ons die Vaderwoning in -laat deel ons sy bevryding!

Slide 10: 

L 407:1(vervolg) Triomf, triomf, verlossingsdag-die Heil'ge Gees verklaar met kragHy's Seun van God die Vader.Hy heers, en elke vyand sienhoe dat sy volk Hom dankbaar dien,Hom loof vir Sy genade.

Slide 11: 

L 407:2 Triomf, die Heer het opgestaan!Die laaste vyand is verslaan,geen mag hou Hom gebonde.Wie in Hom sterf, sal met Hom leef;wie skuld bely, dié word vergeef:deur Christus vry van sonde.

Slide 12: 

L 407:2 (vervolg) Hy, heerlik aan Gods regterhand,Hy stuur vir ons die Gees as pand-die Gees laat ons herlewe.Ons, deur Sy wonderkrag bevry,bly oor en oor Sy woord bely:Hy leef, en jul sal lewe!

Slide 13: 

Ps 134:4 Laat, HEER, u seën op hul daal,u guns uit Sion hul bestraal!U wat beveel en - dit geskied,wil, HEER, u seen oor hul gebied!

Slide 15: 

2 Konings 1:16-19 16 Jy moet ook vir Jehu seun van Nimsi salf tot koning van Israel, en vir Elisa seun van Safat uit Abel-Megola moet jy salf tot profeet om jou op te volg. 17 Dan sal dit só wees: wie Gasael se swaard vryspring, Jehu sal hom doodmaak; wie Jehu se swaard vryspring, Elisa sal hom doodmaak.

Slide 16: 

2 Konings 1:16-19 18 Maar Ek sal in Israel die sewe duisend laat oorbly wat nie die Baälbeeld aanbid het nie.” 19 Nadat hy daarvandaan af weggegaan het, kry hy vir Elisa seun van Safat besig om te ploeg met twaalf spanne van twee, terwyl hy self by die agterste span geloop het.

Slide 17: 

2 Konings 1:16-19 Toe Elia by hom verbyloop, gooi Elia sy mantel op hom. 20 Hy het sy osse net so gelos en agter Elia aangehardloop en gesê: “Laat ek tog net my pa en ma gaan groet. Dan sal ek saam met u gaan.” Elia antwoord hom toe: “Gaan as jy wil. Ek hou jou mos nie terug nie.”

Slide 18: 

2 Konings 1:16-19 21 Toe draai Elisa om en gaan slag twee osse, en met die juk het hy die vleis gebraai en vir sy werksmense gegee om te eet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.

Slide 19: 

2 Konings 2:16-19 1 Die tyd het gekom dat die Here vir Elia in ’n stormwind in die hemel sou opneem. Elia en Elisa het uit Gilgal vertrek, 2 en Elia het vir Elisa gesê: “Bly hier, want die Here stuur my na Bet-El toe.” Elisa se antwoord was: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle is toe na Bet-El toe.

Slide 20: 

2 Konings 2:16-19 3 Die profete wat in Bet-El was, het na Elisa toe gegaan en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?” Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.” 4 Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na Jerigo toe.”

Slide 21: 

2 Konings 2:16-19 Maar Elisa het geantwoord: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle het saam in Jerigo aangekom. 5 Die profete van Jerigo het na Elisa toe gekom en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?” Hy het geantwoord: “Ja, ek weet.

Slide 22: 

2 Konings 2:16-19 Moenie daaroor praat nie.” 6 Elia sê toe vir hom: “Bly hier, want die Here stuur my na die Jordaan toe.” Maar Elisa het geantwoord: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle twee is toe saam verder. 7 ’n Vyftigtal van die profete is agterna en het op ’n afstand gaan staan regoor die plek waar Elia langs die Jordaan gestaan het.

Slide 23: 

2 Konings 2:16-19 8 Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na links en na regs verdeel, sodat hulle twee op droë grond daar deur is. 9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?”

Slide 24: 

2 Konings 2:16-19 Elisa het geantwoord: “Mag daar tog ’n dubbele deel van u gees op my kom!” 10 Toe sê Elia: “Dis ’n moeilike ding wat jy vra. As jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, mag dit dan met jou gebeur; maar as jy my nie sien nie, sal dit nie gebeur nie.”

Slide 25: 

2 Konings 2:16-19 11 Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik ’n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in ’n stormwind op, die hemel in. 12 Toe Elisa dit sien, het hy uitgeroep: “My vader, my vader, u was vir Israel die strydwa met sy ruiters!”

Slide 26: 

2 Konings 2:16-19 Toe Elisa nie meer vir Elia kon sien nie, het hy sy eie klere gevat en in twee stukke geskeur. 13 Hy het die mantel wat van Elia afgeval het, opgetel en weer op die wal van die Jordaan gaan staan. 14 Hy het met hierdie mantel wat van Elia afgeval het, op die water geslaan en gesê: “Waar is die Here die God van Elia?

Slide 27: 

2 Konings 2:16-19 Waar is Hy?” Toe Elisa die water slaan, het dit na links en na regs verdeel sodat hy kon deurgaan. 15 Toe die profete van Jerigo wat ’n entjie daarvandaan gestaan het, hom sien, het hulle gesê: “Die gees van Elia rus nou op Elisa.” Hulle het hom tegemoet geloop en voor hom gebuig.

Slide 28: 

2 Konings 2:16-19 16 Hulle sê toe vir hom: “Daar is vyftig dapper manne onder ons; laat hulle tog u leermeester gaan soek: dalk het die Gees van die Here hom opgelig en êrens op ’n berg of in ’n vallei neergelaat.” Elisa het geantwoord: “Moet hulle nie stuur nie.”

Slide 29: 

2 Konings 2:16-19 17 Maar hulle het by hom bly aandring totdat hy nie meer kon weier nie, en toe sê hy: “Stuur hulle dan maar.” Hulle het vyftig man gestuur, maar hoewel hulle drie dae lank gesoek het, kon hulle Elia nie kry nie.

Slide 30: 

2 Konings 2:16-19 18 Toe hulle terugkom in Jerigo waar Elisa oorgebly het, het hy vir hulle gesê: “Het ek nie vir julle gesê julle moenie gaan nie?”

Slide 31: 

Verhoudings is kosbaar! DUBBELE DEEL VD GEES Verhoudings is tydelik Die enigste permanente verhouding

Slide 32: 

Psalm 89:1 Van goedertierenheid sal ek vir ewig sing,en aan u trou, o HEER, altyd my hulde bring;want soos 'n tempel wat op vaste grond verrys het,so rys die eewge guns wat U aan ons bewys het;en soos die hemelboog nooit uit sy stand sal wyk nie,so seker sal u trou nooit wankel of beswyk nie.

Slide 33: 

Ps 89 : 3 Die hemel loof, o Heer, u wonderbare mag;die eng'le prys u trou en waarheid dag en nag.Want in die hemel is daar niemand U gelyk nie;geen seraf wat voor U die vleuel nie moet stryk nie.U's groteliks gedug en eind'loos in vermoëu onverbreekb're trou omring U voor hul oë.

Slide 34: 

Ps 89 : 7 U tog, U is hul roem, hul sieraad en hul prag,wat hul beklee met sterkte en onverwinb're mag.Uit vrye guns alleen, uit eewge mededoë,hef ons die hoof omhoog, weer sterk deur Gods vermoë.Want God is ons 'n skild, die weerkrag van ons lewe;en onse Koning is deur Isr'els God gegewe.

Slide 35: 

. Amen, Amen, Amen