2010-03-07

Views:
 
     
 

Presentation Description

Matt 13:1-23

Comments

Presentation Transcript

Slide 1: 

Lied 191:1 Grote God, ons bring U eer,ons aanbid U, Koning, Heer.U kom toe die lof alom -U wat was, wat is, wat kom.Voor U buig die skepping neer -U wat ewig sal regeer.

Slide 2: 

L 191:2 Om u troon bring eng'le eer:"Heilig, heilig, heilig, Heer".Hier op aarde word 'n lieddeur die eeue aangebied:Die getuies van U Naam,jubel in hul lofsang saam.

Slide 3: 

L 191:3 Vader, ewig, goed en groot, hoor ons lof uit elke oord. Seun van God in ewigheid, ons is tot u diens bereid. Heil'ge Gees, Vertrooster, Heer, ons, U kerk, wil U steeds eer.

Slide 4: 

Lied 449:1 Halleluja, ons loof U, Heer;aanbid U, Vader, gee U eer,o Bron van alle lewe!Ons roem in U barmhartigheid,U wysheid, mag en majesteit -ver bo ons lof verhewe!

Slide 5: 

L 449:2 Halleluja, ons loof U, Heer;U daal in ons ellende neer,o, Jesus, ons Verlosser!Vir sondaars het U, Heer, gesterf,die lewe deur U dood verwerf -ons roem U as Verlosser.

Slide 6: 

L 449:3 Halleluja, ons loof U, Heer;U, Gees, daal uit die hemel neer,maak onder mense woning.U wil ons troos en leer en lei,reeds hier op aarde voorberei;gereedmaak vir ons Koning.

Slide 7: 

L 449:4 Ons loof U, Vader, Seun en Gees,ons wil U, Heer, gehoorsaam wees,aan U behoort ons lewe.Heer, drie maal heilig, hoor die lied,Drie-enig God, wat ons U bied -sing lof, sing al wat lewe!

Slide 8: 

Lied 207:1 Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid – aan God Drie-enig ons lof en ons lied.

Slide 9: 

L207:1(vervolg) Ere aan God!Die Heer van alle herewoon ook in ons deur sy Woord en sy GeesGee ons die liefde, geloof en vertroueom u gehoorsame kinders te wees.

Slide 10: 

L207:3 Wek in ons liefde,o Heer, vir u waarheid:Waarheid gee insig,versterk en maak vry.U is die Waarheid,die Weg en die Lewe:U woon in ons en laat ons in U bly.

Slide 11: 

L207:3(vervolg) Ere aan God!Die Heer van alle herewoon ook in ons deur sy Woord en sy GeesGee ons die liefde, geloof en vertroueom u gehoorsame kinders te wees.

Slide 12: 

L207:5 Heer van die skeppingen Heer oor ons lewe:niks wat u aandag,u almag ontgaan.Groot is u werke,herskeppend u liefde;heerlik, o Heer, is u heilige Naam.

Slide 13: 

L207:5(vervolg) Ere aan God!Die Heer van alle herewoon ook in ons deur sy Woord en sy GeesGee ons die liefde, geloof en vertroueom u gehoorsame kinders te wees.

Slide 14: 

Lied 602:1 Ek sien 'n nuwe hemel kom,'n aarde nuut en vry.Die see en al wat skei, verdwyn.God self kom by ons bly.

Slide 15: 

L602:2 Die nuwe stad, Jerusalem,daal uit die hemel neer;skoon soos 'n bruid in heerlikheid - geliefde van die Heer.

Slide 16: 

L602:4 "Kyk, Ek maak alles nuut", sê God."Laat hom wat dors het, kom.En hy sal vind hy is my kind;Ek is 'n Gód vir hom!"

Slide 17: 

L602:5 Oorwinnaars sal ons alles erf En drink uit die fontein Van lewenswater, heerlik, rein. En God sal oor ons skyn.

Slide 18: 

Lied 308:1 Neem my lewe, laat dit, Heer,U gewy wees meer en meer.Laat my hart gedurig juigen van dankbaarheid getuig.

Slide 19: 

L308:2 Neem my hande, maak hul sterkdiensbaar in U goeie werk.Neem my voete, skoei hul, Heer,met bereidheid tot U eer.

Slide 20: 

L308:4 Neem my goud en silwer, Heerniks noem ek my eie meer.Al my kennis en verstandstel ek in U vaderhand.

Slide 21: 

L308:5 Maak my hart vir U tot troondeur U Gees wat in my woon.Rig my wil, gevoel en daadaltyd na U wyse raad.

Slide 22: 

Skriflesing: Matteus 13:1-23 & 2 Korintiërs 4:1-6

Slide 23: 

Psalm 139:1 Daar 's niks voor U bedek, o Heer!U skou uit eewge dieptes neeren sien my hart en wandel aan:al wat ek doen, my sit en staan,of wat in my diep weggesink het -U weet al wat my hart bedink het.

Slide 24: 

Ps 139:9 Hoe kost'lik u gedagtes, Heer!Ek tel - en hul word altyd meer.Geweldig groot is hulle som,waar nooit my reekning by kan kom:meer as die sand van see en mere.Ontwaak ek - ek is by U, Here!

Slide 25: 

Ps 139:12 Deurgrond, o Heer, en ken die swart,verborge dieptes van my hart;of diep in my, waar U kan lees,'n skadelike weg mog wees.En lei voortaan my wank'le skredetog op die weg van eewge vrede.

Slide 26: 

AMEN