2009-11-22

Views:
 
     
 

Presentation Description

Heb 10:10-18

Comments

Presentation Transcript

Slide 2: 

Lied 345 : 1 Kom, alle getroues,vrolik en vol vreugde,o kom in die gees nou na Betlehem!Loof daardie Kindjie tot ons heil geborekom buig daar in aanbidding, (3x)voor Jesus, die Heer.

Slide 3: 

Lied 345 : 2 'n Kind is gebore;loof die God van liefde!Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar,Raadsman en Sterke,God en Vors van vredeOns buig in blye aanbidding, (3x)Verlosser en Heer!

Slide 4: 

Lied 345 : 3 Kom, lofsing die Here;Hy is onse Koning.Vir ons word Hy mens en oorwin die dood.Hy heers met reg in hemel en op aarde –buig dankbaar in aanbidding, (3x)voor Christus, die Heer!

Slide 5: 

Lied 504 : 1 Kom, laat ons saam tot Jesus nadermet blye uitsig op ons lot!Hy het die heilsplan van die Vadervir sondaars reeds volbring by God.Sy werk van Goddelike waarde,die eeue deur met hoop verwag,het Hy volbring: Loof, hemel, aarde,loof Hom, die Lam vir ons geslag.

Slide 6: 

Lied 504 : 2 O Jesus, u verlossingsdadebevry ons van die sondestraf!U't God behaag en in genadewend Hy sy oordeel van ons af.Nooit kan ons deur ons eie streweself voor die heil'ge reg bly staan;U kruis, die boom van nuwe lewe,het Edens poort weer oop laat gaan.

Slide 7: 

Lied 213 : 1 Kom, volk van God, verhef jul stem,loof Hom, die kind uit Betlehem -God wat 'n mens geword het.Die pad van leed het Hy verstaan,self het Hy na die kruis gegaanwaar Hy sy bloed gestort het.

Slide 8: 

Lied 213 : 1 (Vervolg) Loof Hom, die Here van sy kerk,prys Hom vir sy verlossingswerk,eer Hom vir sy genade.Hy het ons nou met God versoen;aan God se eise is voldoen.Juig oor sy liefdedade.

Slide 9: 

Lied 213 : 2 Die Christus het ons stryd gestry;Hy het nie in die dood gebly,die graf kon Hom nie hou nie.Hy't na die Vader opgevaar,regeer sy eiendom van daar -sal ons Hom nie vertrou nie?

Slide 10: 

Lied 213 : 2 (Vervolg) Loof, loof ons Redder, God en Heer,Hy sien in liefde op ons neer,in Hom is ons behoue."Die Heer kom weer, die Heer kom weer"juig ons met vreugde keer op keer,volhardend, met vertroue.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 Die wet van Moses is slegs ’n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie ’n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vrymaak nie. 2As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 3Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, 4omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem. 5Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld:“Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 6Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! 7Toe het Ek gesê: Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe.” 8Eers sê Hy: “Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie,” hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 9Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om ’n ander offer in die plek daarvan te stel. 10Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. 11Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 12Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. 14Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 15Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy: 16“Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skrywe.” 17Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.” 18Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.

Skriflesing: Heb 10:1-18 : 

Skriflesing: Heb 10:1-18 14Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.

Slide 19: 

Wat ‘n vriend het ons in Jesus Hy wat in ons plek wil staan Wat ‘n voorreg om gedurig Tot Gods troon deur Hom te gaan Hoe verbeur ons tog die vrede Ag, hoe dikwels ly ons smart Net omdat ons nie ons node Uitstort in Gods vaderhart

Slide 20: 

Wagtend staan Ek voor die deur al waar Ek aanklop lank en luid Hoor dan een my roepstem buite word vir My die deur ontsluit. dan sal'k tot sy woning ingaan. Na die maaltyd heengelei, sal'k in vriendskap met hom aansit hy sal aansit saam met My.

Slide 22: 

Skrifberyming 8 : 1 Aan U, o Lam van God, 'n nuwe lofgesang!Want U is waardig om die wonderboek te ontvangen oop te breek - die boek van toekoms en verledeen van wat word, geskrif van Gods verborgenhede.

Slide 23: 

Skrifberyming 8 : 1 (Vervolg) U 's waardig, U alleen, omdat die werk volbrag is,toe U as offer vir ons sondeskuld geslag is

Slide 24: 

Skrifberyming 8 : 4 "Die sondelose Lam, vir sondeskuld geslag,is waardig om te ontvang die rykdom, wysheid, krag,en eer en heerlikheid en dankb're seëninge!

Slide 25: 

Skrifberyming 8 : 4 (Vervolg) En al wat leef en roer, al die geskape dingeop aarde en diep omlaag, of in die hoë hemel,al wat die see bewoon en in sy dieptes wemel -

Slide 26: 

Skrifberyming 8 : 5 die ganse skepping sing met krag van jubeltoon:"Aan Hom wat heerlik is, hoog op die wêreldtroon,en aan die Lam van God, self eewge Skeppings-Here,sy ewig lof en prys en krag en roem en ere!"

Slide 27: 

Skrifberyming 8 : 5 (Vervolg) Met "Amen, Amen!" het die gérubs opgeswewe.Die oudstes het aanbid voor Hom wat ewig lewe.