2009-11-15

Views:
 
     
 

Presentation Description

Esra 3 Heb 9

Comments

Presentation Transcript

Slide 3: 

Glo! Gee oor! Gestuur! Getuig! gom! Vriend van die bruide- Gemeemtebou

Slide 4: 

Lied 165:1 O wat 'n vreugde in ons hart om na u kerk, o Heer, te gaan,want hier kom almal van U volk,in u teenwoordigheid tesaam.Ons sing u lof, o Koning, Heer!Ons buig in eerbied voor U neer.

Slide 5: 

L 165:2 Dit is 'n opdrag van U, Heer,dat almal hier u Naam moet prys.Net deur u Woord en Gees, o Heer,word ons die regte pad gewys.Ons sing u lof, o Koning, Heer!Ons buig in eerbied voor U neer.

Slide 7: 

Lied 260:1 Ek glo vas in God, die Vader,wat almagtig, wys en goed,aarde en hemel eens gemaak het,nog bestuur en trou behoed.

Slide 8: 

L 260:1 vervolg Deur Hom leef, beweeg en is ek,Hy beskik, bestuur my lot;dít vertrou ek aan sy leidingas my Vader en my God.

Slide 9: 

L 260:6 Ek glo met my hele wesein die Heil'ge Gees as Heer,wat sy kerk met al sy ledetroos en deur die Woord regeer.

Slide 10: 

L 260:6 vervolg Hy skenk my sy krag en leidingdat ek hier die goeie strydin sy Naam begin en eindigmet geloofsblymoedigheid.

Slide 11: 

L 260:8 Ek glo aan die skuldvergewingdeur die Heer se midd'laarsbloed;in my eie werk en waardeis geen rus vir my gemoed.

Slide 12: 

L 260:8 vervolg Dit is alles net genadedat ek nie verlore gaan;ja, my Vader, ja, ek weet dít:U neem my in Christus aan.

Slide 13: 

Lied 477:1 Hou Christus self sy kerk in stand -vergeefs die hel se woede.As Here aan Gods regterhandregeer Hy ons ten goede.

Slide 14: 

L 477:1 vervolg Hy is in alle leedsteeds tot ons hulp gereed,bewaak die Christendom,en waar die vyand kom,stuit Hy die bose woede.

Slide 15: 

L 477:2 O Christen wat op Hom vertrou,u moet geen onheil vrees nie.Sal Hy wat sy gemeente bou,ons nie 'n toevlug wees nie?

Slide 16: 

L 477:2 vervolg Hy, oor die toekoms Heer,waak oor sy Woord en eer -Hy gee geduld in nooden krag en moed in dood:Moet geen bedreiging vrees nie!

Slide 17: 

Lied 468:1 Christus, die Seun, is beeld van God -van God onsigbaar, groot.Hy is die Eerste, Hy alleen,die hoog verhewe Heer. Kolossense 1:15-20

Slide 18: 

L 468:3 Hy is die oorsprong van die kerk,ons Hoof, die Heer is Hy.Ons is sy liggaam, één met Hom;en in Hom is ons één

Slide 19: 

L 468:4 Christus het waarlik opgestaanas Eerste uit die dood.In die heelal sal Hy dus weesdie Eerste - Hoof en Heer.

Slide 20: 

L 468:5 God met syvolheid woon in Hom,só het God self besluit.Daarom kon Hy versoening bring -Gods vrede weer herstel.

Slide 22: 

Glo! Gee oor! Gestuur! Getuig! gom! Vriend van die bruide- Gemeemtebou

Slide 23: 

Esra 3:1-13 prentjie Fondamente van die tempel ... Hoëpriester Jesua ... Brandoffers ... 20 Somethings... Ou mense wat huil ... Blydskap!

Slide 24: 

Esra 3:12 Baie van die oueres onder die priesters, die Leviete en die familiehoofde wat nog die eerste tempel geken het, het hardop aan die huil gegaan toe hulle sien hoe die fondamente van hierdie tempel gelê word.

Slide 25: 

Hebreërs 9:24-28 24 Want Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom met hande gemaak, ’n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; 25 ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie,    

Slide 26: 

Hebreërs 9:24-28 26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. 

Slide 27: 

Hebreërs 9:24-28 27 ’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. 28 So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. 

Slide 28: 

Glo! Gee oor! Gestuur! Getuig! gom! Vriend van die bruide- Gemeemtebou

Slide 29: 

Psalm 128:1 Wie deur Gods vrees bewoë,trou op die weg wil gaan,waar hom Gods wil voor oëen klaar getekend staan -

Slide 30: 

P 128:1 vervolg die arbeid van sy handesal hy met vreug genietwanneer die koringlandemet seen hul opbrings bied.

Slide 31: 

P 128:4 Mag ryke seëningeuit Sion jou bedou;mag jy dié goeie dingevan Sionstad aanskou!

Slide 32: 

P 128:4 vervolg mag jy nog, op jou bede,'n nakroosseen verkry!En, God van alle vrede,mag Isr'els vrede bly!

Slide 34: 

Lied 487:2 U, o Jesus, Ewig-sterke,laat geboeides vry uitgaan;deur u reddingswoord en werkeword die weg tot God gebaan.

Slide 35: 

L 487:2 vervolg Ons sien eens geslote harteoopgaan deur u lydensmarte;hoor, uit sondenag bevry,dat hul nou u Naam bely!

Slide 36: 

L 487:4 Ryke seën vloei al verder,tot die allerverste strand,uit die volheid, troue Herder,van u liefde, deur u hand.

Slide 37: 

L 487:4 vervolg Volk op volk sal tot U nader,saamstroom in u poorte, Vader,neerkniel voor u aangesig,jubel in u eew'ge lig!

Slide 38: 

L 487:3 Wil, o Here, in genadevoortgaan met u reddingswerk;leer ons ons talente dankbaarU te wy en aan u kerk.

Slide 39: 

L 487:3 vervolg Deur die waarheid van u lering,deur die wonder van bekering,dring u liefde ons al meerin u diens te staan, o Heer.

Slide 40: 

Amen, Amen, Amen…