2009-11-08

Views:
 
     
 

Presentation Description

Gen 50

Comments

Presentation Transcript

Slide 1: 

Vader, ons eer U,ons loof U, ons aanbid U.U wat heel die skepping onderhou,U gee son en reën, ons ontvang u seën.Heel die skepping wentel om u trou. LIED 454 : 1

Slide 2: 

2. Jesus, ons eer U,ons loof U, ons aanbid U.Ons is u gemeente hier tesaam.Hoor ons as ons sing,U ons loflied bring.Ons, u vrygekooptes, prys u Naam.

Slide 3: 

3. Trooster, ons eer U,ons loof U, ons aanbid U.Heil'ge Gees, ons is met U gedoop.U wat rig en lei,staan ons altyd by.U versterk ons gees, U gee ons hoop.

Psalm 116 : 1 : 

Psalm 116 : 1 God het ek lief, want die getroue HEERhoor na my stem uit vrye welbehae;ek roep Hom aan in al my lewensdae,Hy skenk my hulp, Hy red my, keer op keer.

Slide 5: 

4.  Eenvoudiges wil God steeds gadeslaan.'k Was uitgeteerd, maar Hy is vol ontferming.Soek dan, my siel, jou rus in sy beskerming,Hy 't jou verlos en aan jou welgedaan.

Lied 491:1 : 

Lied 491:1 'k Het Jesus lief,Hy is my lig en krag.Hy sal in nood en angsmy nooit verlaat nie.Hy bly my redderal het ek nie raad nie.Hy maak my vry vanskuld en sondemag.

Lied 491:5 : 

Lied 491:5 Verlostes juig enwees in Christus bly,laat ons aanbiddendsaam voor Hom vergader.Tree dankbaar singendtot die Here nader -wie, wie verdien onsloflied meer as Hy?

Lied 590:1 : 

Lied 590:1 Het jy gehoor dat eenmaalhier alles nuut sal staan?Dat Jesus by sy weerkomsdie dood finaal verslaan?‘n Nuwe aarde, hemelverskyn met God se seën.Het jy gehoor en glo jyselfs deur jou twyfel heen?

Lied 590:2 : 

Lied 590:2 Het jy gehoor van Jesus,van lewe uit sy dood?Het jy gehoor, vertrou jyHom in jou diepste nood?Weet dan, geen bose magtekan jou aan Hom ontruk.Op dié geloofsverwagtingskenk God volmaak geluk.

Lied 205:1 : 

Lied 205:1 Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun,vir liefde, genade, verlossing en steun -dat elkeen wat glo nie verlore mag gaanmaar ewig voor Hom as verloste kan staan.Loof die Heer, loof die Heer -sing, gelowiges, saam!Loof die Heer, loof die Heer -prys sy heilige Naam!Hy kom uit genadeons sondes versoendat ons Hom vrymoedigons Vader kan noem.

Lied 205:2 : 

Lied 205:2 Ons lof aan die Skepper wat altyd getrousy kerk hier bewaar, dit vernuwe en bou -ons bly inspireer en ons stuur deur sy Geesom sout en om lig vir die wêreld te wees.Loof die Heer, loof die Heer -sing, gelowiges, saam!Loof die Heer, loof die Heer -prys sy heilige Naam!Hy kom uit genadeons sondes versoendat ons Hom vrymoedigons Vader kan noem.

Lied 205:3 : 

Lied 205:3 Ons lof, ons aanbidding, o Vader, ons lied is nietige klanke, deur kinders gebied. Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed – oneindig die liefde wat U vir ons het. Loof die Heer, loof die Heer -sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer -prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.

Lied 334:1 : 

Lied 334:1 "God is Liefde!" juig ons harte,en bedink wat liefde doen:Dat Hy ons sy Seun gestuur hetom ons sonde te versoen.

Lied 334:2 : 

Lied 334:2 Hy wat eerste liefgehad het,het in liefde ons vergeef -nou kan ons, uit God gebore,uit dié bron van liefde leef!

Lied 334:3 : 

Lied 334:3 Deur sy Gees, die wondergawe,laat Hy wederliefde spruit;en dié liefde - wat volmaak is -dryf die vrees en selfsug uit.

Lied 334:4 : 

Lied 334:4 As die Vader in sy liefdedan die sondaar maak tot kind,mag sy Seun al meer gestaltein ons doen en late vind!

Genesis 50:15-26 : 

Genesis 50:15-26 15 Na hulle pa se dood het Josef se broers gevra: "En as Josef nog steeds 'n grief teen ons het en ons nou gaan terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het?" 16 Daarom het hulle 'n boodskap na hom toe gestuur: "Voor sy dood het u vader beveel: 17 Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.' Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader." Josef het gehuil oor wat hulle vir hom laat weet het. 18 Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: "Hier is ons voor u. Ons is u slawe."

Slide 18: 

19 Maar Josef het hulle geantwoord: "Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20 Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het. 21 Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het." Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel. 22 Josef het in Egipte gebly, hy en sy hele familie. Hy het honderd en tien jaar oud geword.

Slide 19: 

23 Hy het die kleinkinders van Efraim gesien, en hy kon nog die kinders van Manasse se seun Makir as sy eie aanneem. 24 Josef het vir sy broers gesê: "Na my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob." 25 Josef het die seuns van Israel met 'n eed laat beloof: "Wanneer God na julle omsien en julle laat trek, moet julle my liggaam van hier af saamvat." 26 Josef is dood toe hy honderd en tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en hom daar in Egipte in 'n kis gesit.

Psalm 68:1 : 

Psalm 68:1 Die HEER sal opstaan tot die stryd;Hy sal sy haters, ver en wyd,laat wegvlug voor sy oë.Hoe hoog die mens se trots mag gaan,hy sal geen oomblik kan bestaanvoor God se alvermoë.As U, o HEER, in mag verskyn,sal hul soos rook en damp verdwyn,deur stormwind voortgedrewe.Soos was wat smelt voor hitte en vuur,het almal voor Gods glans geen duurwat goddelooslik lewe.

Psalm 68:9 : 

Psalm 68:9 Geloofd sy God met diep ontsag,want Hy oorlaai ons dag aan dagmet ryke seëninge.Wie sou Hom dan nie dank bewys,die God van saligheid nie prys,met al die hemelinge?Dié God van volle saligheidversterk ons in die dag van stryden dra ons deur die lewe.Hy kan en wil en sal in nood,selfs as ons sidder vir die dood,volkome uitkoms gewe.

Amen Amen Amen : 

Amen Amen Amen