2009-08-02

Views:
 
     
 

Presentation Description

Heb 4

Comments

Presentation Transcript

Lied 157 : 1 : 

Lied 157 : 1 Here Jesus, ons is saam, op u roepstem hier vergader; saam verenig in u Naam kan ons tot die Vader nader. Hoor die dank- en smeekgebede, Heer, van u gemeentelede.

Lied 157 : 2 : 

Lied 157 : 2 Maak ons harte deur u Gees vir die heil'ge woord ontvanklik. Laat ons daagliks onbevrees op u heil bou, diep afhanklik. Heer, laat ons geloofsvertroue eenmaal oorgaan in aanskoue.

Psalm 118 : 5 : 

Psalm 118 : 5 Die deur wat altyd vir ons oopstaan, vir almal wat regverdig is, staan oop vir my dat ek kan ingaan na Hom met my getuienis. Ek wil Hom met 'n loflied toesing. Ek is verhoor in my gebed. Ek wil Hom loof vir my verlossing; Hy het my van die dood gered.

Psalm 118 : 7 : 

Psalm 118 : 7 Dit is die dag wat Hy gemaak het. Kom, laat ons juig, want God is goed. Hy wat in nood oor ons gewaak het, laat ons Hom in sy huis ontmoet. Vra dat Hy voorspoed gee en loof Hom; vra om sy redding; kom, juig saam. Wees bly en prys wie in sy Naam kom, ontvang sy seën en prys sy Naam.

Lied 454 : 1 : 

Lied 454 : 1 Vader, ons eer U, ons loof U, ons aanbid U. U wat heel die skepping onderhou, U gee son en reën, ons ontvang u seën. Heel die skepping wentel om u trou.

Lied 454 : 2 : 

Lied 454 : 2 Jesus, ons eer U, ons loof U, ons aanbid U. Ons is u gemeente hier tesaam. Hoor ons as ons sing, U ons loflied bring. Ons, u vrygekooptes, prys u Naam.

Lied 454 : 3 : 

Lied 454 : 3 Trooster, ons eer U, ons loof U, ons aanbid U. Heil'ge Gees, ons is met U gedoop. U wat rig en lei, staan ons altyd by. U versterk ons gees, U gee ons hoop.

Slide 11: 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare)

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) : 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) Higiëne-Pakkies Ons vra kleingroepe (en individue) se hulp om higiëne-gebruiksitems te skenk. Elke kleingroep besluit hoeveel kinders hulle voor wil sorg. Pakkies word maandeliks geskenk met seep, tandepasta en sjampoe, terwyl ander items soos waslappe en tandeborsels kwartaalliks uitgedeel sal word (en 'n gesighanddoek jaarliks). Laat asb vir Marieke weet as jul kleingroep wil help (verkieslik per epos - marieke.brauer@gmail.com)

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) : 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) Barnyard Theatre!!

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) : 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) Tshepo Biblioteek BAIE DANKIE aan Dieuwke Horne en Paula Serfontein van GKL se biblioteek wat gedurende die skoolvakansie gehelp het om die naskoolsentrum se boekies te sorteer en te merk, sodat die kinders dit beter kan benut.

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) : 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) Silwer Bal Projek 'n Bal van aluminium foelie Wil wêreldrekord van 720kg verbreek Projek is reeds by Guiness World Records geregistreer. Bal gaan herwin word. BENODIG ASB SOVEEL MOONTLIK ALUMINIUM FOELIE!!!

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) : 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare)

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) : 

Windsor Bediening (Tshepo Aftercare) Benodig steeds vrywilligers Veral met leeswerk, selfs 30 min 'n week sal help. Vrywilliger-vorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

Lied 475 : 1 : 

Lied 475 : 1 Allerhoogste Hemelvader, lofgesange prys u Naam. In ons kerke, in ons huise loof ons, dank ons U tesaam. Hoor die loflied, vreugde-sange, neem dit aan in Jesus Naam.

Lied 475 : 2 : 

Lied 475 : 2 Werk in u gemeente, Here Vader, Seun en Heil'ge Gees reinig ons deur u genade, laat ons offers heilig wees; U is heilig, maak óns heilig deur die werking van u Gees.

Psalm 34 : 4 : 

Psalm 34 : 4 Gods sterke Engel wil 'n laer van beskutting wees óm almal wat die HERE vrees. Hy maak hul onrus stil. Ervaar dan en aanskou hoe waaksaam God is en hoe goed. Hoe salig is 't in my gemoed as ek op Hom vertrou!

Psalm 34 : 6 : 

Psalm 34 : 6 Kom kinders, hoor na my! Die HEER se vrees wil ek jul leer. Wie is 't wat lewensduur begeer en dae wat hom verbly? Laat tong en lippe vra na waarheid, en ontwyk die kwaad; soek wat God wil: die regte daad, en jaag die vrede na.

Slide 25: 

Hebreërs 4:12 en 13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

Slide 26: 

Jesaja 40:29 – 31 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Slide 27: 

1 Petrus 2:9 en 10 Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

Slide 28: 

1 Johannes 1:5 – 7 Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.

Slide 29: 

1 Johannes 2:1 – 2 Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Lied 447 : 1 : 

Lied 447 : 1 U Naam, o Skeppergod, woon in u handewerk - in elke deel daarvan sien ons u vingermerk. Die skeppingslied rys op en klink uit alle oorde

Lied 447 : 1(Vervolg) : 

Lied 447 : 1(Vervolg) op aarde, in die lug, soms met, soms sonder woorde. Hoogheerlik is u Naam, o liefdevolle Vader! Neem aan die vreugdelied waarmee ons tot U nader.

Lied 447 : 2 : 

Lied 447 : 2 U, Skeppingsmiddelaar, het tussen ons kom bly - van alle skuld en straf het U ons kom bevry. U is die Seun van God, die Woord uit Hom gebore,

Lied 447 : 2(Vervolg) : 

Lied 447 : 2(Vervolg) voor alles wat gemaak is, ja nog lank tevore; maar tog het U gesterf, gehoorsaam aan die Vader, en so die weg berei dat ons tot God kan nader.

Lied 447 : 3 : 

Lied 447 : 3 U, die Herskeppergees, het in ons hart kom woon. U is dit wat ons troos - pand van genadeloon! Meer as net "God by Ons", leef U met ons verenig;

Lied 447 : 3(Vervolg) : 

Lied 447 : 3(Vervolg) as Leidsman op die weg wil U ons smarte lenig. Deur U geïnspireer wil ons ook heilig lewe. Ons dank U dat U self die krag is van ons strewe!