2009-06-21

Views:
 
     
 

Presentation Description

Joh 1:1-18

Comments

Presentation Transcript

Lied 167 : 1 : 

Lied 167 : 1 Jesus, bron van al my vreugde; Jesus, lig van my geloof, U is vol genade, waarheid U, my Heiland, Heer en Hoof. Ja, ek is u eiendom; U, die Seun, U het gekom. As gestuurde van die Vader is U self die weg na Hom.

Lied 167 : 2 : 

Lied 167 : 2 Jesus, bron van alle lewe, Jesus, U wat lof verdien; U, die bron van alle waarheid, U laat my die Vader sien. Ek is by die Vader tuis waar my hart vol vreugde ruis. U wat één is met die Vader het die weg na Hom kom wys.

Lied 177 : 

Lied 177 Jesus, gróót bo almal: sterke Verlosser, magtige Heer en Heiland, Immanuel - God is met ons - reddende Here, lewende Woord. (x2)

Lied 330 : 1 : 

Lied 330 : 1 Die volk wat in die donker wandel, oor hulle het 'n lig geskyn: Die Christus, Lig oor alle lande, laat angs en duisternis verdwyn! U het die volk vermenigvuldig; hul vreugde het U groot gemaak. Soos in die oestyd juig hul vrolik waar hul mét U oorwinning smaak.

Lied 330 : 3 : 

Lied 330 : 3 Hy's Wonderbaar, 'n Eew'ge Vader; Hy's Raadsman; Hy is Sterke God; en Hy vermeerder in genade sy heerskappy as Vredevors. Hy kom met vrede sonder einde, versterk dit deur geregtigheid - met ywer sal Hy dit bevestig van nou af tot in ewigheid.

Lied 207 : 1 : 

Lied 207 : 1 Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid - aan God Drie-enig ons lof en ons lied.

Lied 207 : 1 : 

Lied 207 : 1 Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

Lied 207 : 3 : 

Lied 207 : 3 Wek in ons liefde, o Heer, vir u waarheid: Waarheid gee insig, versterk en maak vry. U is die Waarheid, die Weg en die Lewe: U woon in ons en laat ons in U bly.

Lied 207 : 3 : 

Lied 207 : 3 Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

Slide 12: 

En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Rom 12:1-8

Slide 13: 

3Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Rom 12:1-8

Slide 14: 

6Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid. Rom 12:1-8

Slide 16: 

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. 6Daar was ’n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. Joh 1:1-18

Slide 17: 

8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld—die wêreld het deur Hom tot stand gekom—en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Joh 1:1-18

Slide 18: 

13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” Joh 1:1-18

Slide 19: 

16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. Joh 1:1-18

Slide 20: 

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” 16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Joh 1:1-18

Lied 487 : 2 : 

Lied 487 : 2 U, o Jesus, Ewig-sterke, laat geboeides vry uitgaan; deur u reddingswoord en werke word die weg tot God gebaan. Ons sien eens geslote harte oopgaan deur u lydensmarte; hoor, uit sondenag bevry, dat hul nou u Naam bely!

Lied 487 : 4 : 

Lied 487 : 4 Ryke seën vloei al verder, tot die allerverste strand, uit die volheid, troue Herder, van u liefde, deur u hand. Volk op volk sal tot U nader, saamstroom in u poorte, Vader, neerkniel voor u aangesig, jubel in u eew'ge lig!

Lied 487 : 3 : 

Lied 487 : 3 Wil, o Here, in genade voortgaan met u reddingswerk; leer ons ons talente dankbaar U te wy en aan u kerk. Deur die waarheid van u lering, deur die wonder van bekering, dring u liefde ons al meer in u diens te staan, o Heer.